2008
HOËRSKOOL OVERBERG
Dit is die Hoërskool Overberg se
missie om, in samewerking met die onderwysers, ouers en leerders, effektiewe,
gebalanseerde en toekomsgerigte onderwys aan ons leerders te voorsien om hulle
te bemagtig om, volgens elkeen se potensiaal, ’n sinvolle bestaan in ’n
veranderende samelewing te voer.
DOELSTELLINGS
By Hoërskool Overberg strewe ons
daarna om:
v
die leerders in totaliteit te begelei na liggaamlike, geestelike,
intellektuele en sosiale volwassenheid.
v leerders se volle potensiaal op
akademiese, fisieke en kulturele gebied te verwesenlik.
v
Christelike en patriotiese norme en waardes by leerders te vestig.
v
die leerders te lei om gesag te aanvaar, lojaliteit teenoor die skool en
die gemeenskap te kweek, selfdissipline te ontwikkel en ’n gesonde groepsgees
te kweek.
v
die individualiteit van elke leerder te erken en om elkeen te leer ken.
v
altyd onberispelik te wees in gedrag en voorkoms.
v
as personeel in die gemeenskap betrokke te wees om so ook die beeld van
die skool uit te dra.
v
kollegialiteit en lojaliteit te bevorder.
v
te alle tye as personeel ’n professionele en navolgenswaardige voorbeeld
uit te dra.
v
ouerbetrokkenheid en welwillendheid aan te moedig.
v
die behoeftes en wense van die gemeenskap te eerbiedig en te erken.
v
skooltrots en ’n ryke tradisie uit te bou.
v
’n akademiese atmosfeer in die skool te skep sodat opvoeding en onderwys
vir leerder en leerkrag ’n sinvolle en aangename ervaring mag wees.
DISSIPLINÊRE KODE
HOËRSKOOL OVERBERG, CALEDON
1.
INLEIDING EN AGTERGROND
1.1
Behoudens die bepalings van die Wes-Kaapse Provinsiale Wet op
Skoolonderwys, 12 van 1997 (“die provinsiale wet”), moet ’n Beheerliggaam van
’n openbare skool, ingevolge artikel 8(1) van die Suid-Afrikaanse Skolewet, 84
van 1996 (“die Skolewet”) ’n gedragskode vir leerders aanvaar ná oorleg met die
leerders, ouers en opvoeders van die skool.
1.2 Ingevolge regulasie 9.6 van minimum
vereistes waaraan die Grondwet van ’n
Beheerliggaam van ’n openbare skool
moet voldoen, afgekondig in die
Buitengewone Provinsiale Koerant van 22 Augustus 1997 (“die
vereistes”), is een van die funksies van
’n Beheerliggaam om ’n gedragskode vir leerders te ontwikkel en aan te neem.
1.3
Ingevolge die Skolewet:
1.3.1
moet ’n gedragskode daarop gemik wees om ’n gedissiplineerde en
doelgerigte skoolomgewing wat toegewys is aan die bevordering en instandhouding
van die gehalte van die leerproses te vestig;
1.3.2
moet die gedragskode bepalings van ’n behoorlike regsproses bevat om die
belange van die leerder en van enige party wat by dissiplinêre handelinge
betrokke is, te beskerm;
1.3.3
moet die Lid van die Uitvoerende Raad regulasies afkondig met betrekking
tot:
1.3.3.1welke gedrag van ’n leerder as ernstige
wangedrag beskou sal word;
1.3.3.2welke dissiplinêre prosedures in sodanige
gevalle gevolg moet word;
1.3.3.3’n behoorlike regsproses om die belange van
die leerder en van enige party
wat
by dissiplinêre handelinge betrokke is, te beskerm.
Hierdie regulasies is afgekondig in
die Buitengewone Provinsiale Koerant,
Provinsiale Kennisgewing 372, van 31 Oktober 1997. Sedertdien het die Wysigingswet op
Onderwyswette, 1999 (Wet no. 48 van 1999) sekere artikels van die Skolewet en
ander Wette gewysig, wat tot gevolg het dat provinsiale wetgewing en beleid
dienooreenkomstig aangepas moet word.
Hierdie regulasies is meer breedvoerig uiteengesit in die Hersiene
Algemene Handleiding vir die skorsing en uiteensetting van leerders wat onder
dekking van Omsendbrief 0030/99, gedateer 18/3/99, aan skole gestuur is.
1.3.4
moet ’n regverdige verhoor korrektiewe optrede voorafgaan en binne die
sewe dae geskeduleer word;
1.3.5
kan die Beheerliggaam, ’n leerder skors van bywoning van die skool as ’n
korrektiewe maatreël vir ’n tydperk van hoogstens sewe skooldae;
1.3.6
kan die Beheerliggaam na sodanige regverdige verhoor, besluit om by die
Departementshoof aan te beveel dat die leerder uit die skool gesit word.
Indien ’n Beheerliggaam die
uitsetting van ’n leerder by die Departementshoof aanbeveel, moet so ’n
Beheerliggaam eers oorleg pleeg met die Departementshoof voordat die leerder
geskors kan word. Hierdie skorsing bly
van krag totdat die Departementshoof se besluit aan die skool oorgedra
word. Die bevoegdheid van die
Departementshoof om in oorleg met die Beheerliggaam te besluit of ’n leerder
geskors kan word in afwagting van sy beslissing of die leerder uitgesit moet
word, al dan nie, is aan Kringbestuurders gedelegeer.
1.3.7
mag ’n leerder slegs uit die skool gesit word deur die Departementshoof
en nadat hy of sy, ná ’n regverdige verhoor, skuldig bevind is aan ernstige
wangedrag.
1.4
Ingevolge artikel 46 van die Provinsiale wet mag geen lyfstraf by ’n
skool toegepas word nie.
1.5
Ingevolge regulasie 23(1) van die provinsiale wet, is ’n Beheerliggaam
bevoeg om ’n komitee aan te stel om dit van advies te bedien, en om, onderworpe
aan die opdragte van die Beheerliggaam, die werksaamhede uit te oefen wat die
Beheerliggaam bepaal. Vanweë hierdie
bepaling, en verder vanweë die ondoelmatigheid om die Beheerliggaam telkens
byeen te roep om te handel met die bevoegdhede waarna in 1.3.5 en 1.3.6 hierbo
verwys is, bepaal die Grondwet van die Beheerliggaam dat ’n Tugkomitee in die
lewe geroep word wat ooreenkomstig die bepalings van hierdie Tugreglement, die
Beheerliggaam se bevoegdhede vermeld sal uitoefen.
1.6
Onderwysers, ouers en leerders erken dat tug deel vorm van gesonde
opvoedkundige beginsels wat binne skoolverband so ver as wat moontlik is as ’n
professionele bestuursaangeleentheid hanteer moet word.
1.7
Met die volle besef van hierdie agtergrond, en verder met die besef dat
’n billike balans verkry moet word tussen die hou van ’n regverdige verhoor en
die handhawing van individuele regte enersyds, en die noodsaak uit ’n
opvoedkundige oogpunt dat spoedig opgetree moet word in die geval van
oortredings van skoolreëls en die Gedragskode, verbind die Beheerliggaam,
ouers, leerders en leerkragte hulle tot hierdie Dissiplinêre Kode.
1.8
Die Dissiplinêre Kode omvat die volgende:
1.8.1
die gedragskode;
1.8.2
die skoolreëls soos by die Hoof beskikbaar;
1.8.3
nader omskrywing van oortredings;
1.8.4
Tugreglement.
1.9
Hierdie Kode kan gewysig word deur ’n besluit van die Beheerliggaam na
oorlegpleging met ouers, onderwysers en leerders.
2. ONDERWERPING
AAN REËLS EN GEDRAGSKODE
2.1
Deur die ondertekening van die “Ondernemingsvorm” onderwerp die leerder
en sy ouers/voogde hom/haar/hulle aan
die reëls, Gedragskode en reglemente van die skool, wat hierdie Dissiplinêre
Kode insluit.
2.2
Die Dissiplinêre Kode is tydens normale skool-ure ter insae beskikbaar
vir enige leerder.
2.3
Onderwysers sal in die normale loop van hul pligte die bepalings van die
Dissiplinêre Kode onder die aandag van leerders bring.
3. GEDRAGSKODE
3.1 Leerders onderskryf die gedragskode
Ons die leerders besef dat
onderlinge samewerking tussen ons en die ander persone wat by ons opvoeding en
onderwys betrokke is, alleenlik suksesvol kan wees as alle partye ooreenkom oor
die nastrewing van waardes en beginsels.
Die waardes wat deur ons nagestreef word, word vergestalt in die
erekodes wat hieronder uiteengesit word:
3.1.1 Regte en verantwoordelikhede
Terwyl ons daarvan bewus is dat ons
oor sekere regte beskik in terme van die Grondwet, erken ons dat ander mense
soortgelyke regte het en respekteer ons hierdie regte. Ons erken veral die menswaardigheid en
gelykheid van alle mense en onderneem om ons regte so uit te oefen dat ander
mense nie deur ons optrede benadeel word nie.
Ons aanvaar dat die opeis van regte die verpligting van
medeverantwoordelikheid op ons plaas om die omgewing waarbinne ons die regte
wil geniet, in stand te hou.
3.1.2 Respek vir ons onderwysers
Ons respekteer onderwysers as ons
opvoeders en beloof ons heelhartige samewerking in alle redelike opdragte wat
ons van opvoeders mag ontvang.
Ons respekteer die opvoeders as
volwassenes en erken dat hulle opleiding en ervaring ons tot voordeel kan
strek. Daarom onderneem ons om ons volle
samewerking aan opvoeders te gee en altyd hoflik teenoor hulle op te tree.
3.1.3 Respek vir nie-onderwyspersoneel en
besoekers
Die bydraes tot die gladde verloop van
die skoolorganisasie deur administratiewe personeel en terreinwerkers word hoog
aangeslaan. Daarom sal ons ook teenoor
hierdie personeel met agting en respek optree.
Besoekers aan die skool, soos superintendente, besigheidsmense en ouers,
dra die skool se welsyn op die hart en sal met respek en hoflikheid bygestaan
word.
3.1.4 Erkenning van multikulturaliteit en
andersheid
Die Suid-Afrikaanse gemeenskap
bestaan uit ’n veelheid van rasse, kulture en gelowe. Ons aanvaar alle mede-leerders as individue wat
soortgelyke ideale en doelwitte as ons mag nastreef, maar dat hulle ook hul eie
ideale mag hê. Ons respekteer mense se
andersheid en sal nie so optree dat ons ander se menswaardigheid aantas nie.
3.1.5 Respek vir die omgewing en skoolfasiliteite
Die natuurlike omgewing is ’n
geskenk van God en ons aanvaar die opdrag en gesamentlike verantwoordelikheid
vir die bewaring daarvan. Ons waardeer
die skoolgeboue, klaskamerinhoude en ander fisiese geriewe wat vir ons gebruik
beskikbaar gestel is. Ons onderneem om
op ’n verantwoordelike wyse daarvan gebruik te maak en, vir sover dit binne ons
vermoë is, ’n bydrae tot die instandhouding daarvan te lewer, insluitend om ons
ouers aan te moedig om skoolgeld te betaal en aktiwiteite te ondersteun ter
uitbreiding van die fisiese fasiliteite.
3.1.6 Gehoorsaamheid aan organisatoriese- en
gedragsreëls
Ons begryp dat ’n skool nie sonder
organisatoriese en gedragsreëls kan funksioneer nie. Daarom lê ons ons neer by die skool se reëls
vir leerdergedrag. Ons onderneem om die
tydrooster van die skool te eerbiedig deur stiptelik teenwoordig te wees by die
aanvang van die skooldag en elke periode waarby ons betrokke is. Ons aanvaar die gesag van die persone in
bevel van orde en dissipline in die skool en sal ons aan toepaslike strawwe
onderwerp indien ons die reëls oortree.
3.1.7 Buitemuurse aktiwiteite
Ons besef die vormingswaarde van
sport, kulturele aktiwiteite, akademiese en sosiale uitstappies en wil graag as
aktiewe deelnemers of lojale ondersteuners betrokke wees. Toepaslike kleredrag en ’n netjiese voorkoms
by die geleenthede dra by tot die uitbouing van ’n positiewe beeld en die
gesonde trots van die skool. Ons
onderskryf die feit dat skoolreëls ook by uitstappies of ander buite-kurrikulêre
aangeleenthede moet geld ter wille van die goeie orde en die skool se goeie
naam.
3.1.8 Voorkoms
Uniforme skooldrag dra by tot
eenheid van sin en strewe. Die
skoolwapen versinnebeeld die gesamentlike strewe van leerders, ouers en
personeel. Omdat die skooluniform en
gepaardgaande voorkomsreëls tradisionele waardes van die skool en die
gemeenskap verteenwoordig, sal ons die skooldrag met trots dra en die
voorskrifte van persoonlike voorkoms wat die skooldrag komplementeer, nakom.
3.1.9 Veiligheid
Ter wille van ons eie veiligheid sal
ons gebruiksvoorskrifte vir laboratoria nakom en klaskamerreëls wat op
leerderveiligheid gemik is, eerbiedig.
Tydens klaswisseling, op die skoolterrein, met uitstappies en op die
sportveld sal ons poog om deur ons optrede nie ons of ander persone se
veiligheid in gevaar te stel nie.
3.1.10 Akademiese aangeleenthede
Ons kan alleen baat vind by onderwys
indien ons intensief by die leergebeure in die klaskamer betrokke raak. Daarom sal ons wanneer dit van ons verwag
word positief aan klasaktiwiteite deelneem.
Ons keur gedrag af wat ontwrigtend op die onderrigproses inwerk. Ons besef die waarde van huiswerk en sal dit
getrou doen. Omdat die uitkoms van
evaluering vir ons van groter betekenis as vir die onderwyser is, sal ons
pligsgetrou vir evalueringsgeleenthede voorberei. Eerlikheid is deel van ’n onkreukbare
karakter en daarom sal ons te alle tye honderd persent eerlik wees tydens
evaluering en nie verdra dat ander persone oneerlik optree nie.
3.1.11 Rolpersepsie
Ons is ook daarvoor verantwoordelik
om ’n bydrae te lewer tot die ordelike verloop van gebeure by en na skool. Ons het op verskeie vlakke die geleentheid om
’n bydrae te lewer wat skoolbestuur kan verbeter, soos die Beheerliggaam, as
leerderraadverteenwoordiger, spankaptein, Voorsitter van ’n akademiese of
sosiale vereniging en so meer. In watter
hoedanigheid ’n leerder ook al dien, moet hy/sy steeds die belange van die
skool vooropstel en nie persoonlike begunstiging of bevoordeling soek nie.
Ons onderskryf hierdie beginsel en sal
te alle tye deur ons optrede, ook buite formele organisasie verband, daarna
streef om die skool se etos te bewaar en te versterk.
3.1.11.1 Leerders erken dus dat dissipline en
orde ’n voorvereiste is vir die bevordering en
instandhouding van die gehalte van die leerproses.
3.1.11.2 Leerders
erken dat selfdissipline en nakoming van die skoolreëls en hierdie
Dissiplinêre
Kode ten grondslag lê van dissipline en orde.
3.1.11.3
Die
Kode bind leerders te alle tye op die skoolterrein, op skooltoere, of op
welke tyd ookal buite die
skoolterrein wanneer die leerder identifiseer kan word as ’n leerder van
Hoërskool Overberg.
3.1.11.4
Leerders erken dat
nie-nakoming van die Gedragskode tot straf sal lei.
4. REËLS
DIE GEDRAGSKODE EN HUISHOUDELIKE REËLS
Sien Ouergids bl. 4 – 14
5. OORTREDINGS
5.1 ’n Leerder begaan ’n oortreding
indien hy/sy enige van die reëls, reglemente
of Gedragskode van die
skool oortree.
5.2 Daar sal in die nie-nakoming
van die reëls en Gedragskode onderskei
word
tussen onaanvaarbare
gedrag aan die een kant, en ernstige wangedrag aan die ander kant. ONAANVAARBARE gedrag is gedrag van ’n leerder
wat ’n oortreding van een of meer van
die reëls vervat in die gedragskode behels.
Dit is die soort gedrag wat ’n
negatiewe invloed het op die leerder self of op ander leerders. Hierdie soort gedrag werk steurend in op die
sukses van die opvoedkundige doelwitte sowel as op die algemene dissipline in
die skool. Onaanvaarbare gedrag word
direk gekoppel aan strafmaatreëls.
5.3 Minder
ernstige oortredings bestaan uit ’n oortreding van skoolreëls en daardie
gevalle wat nie ernstige wangedrag uitmaak nie.
5.4 Ernstige
wangedrag is, onder andere, totdat enige regulasie uitgereik deur die LUR dit anders definieer:
5.4.1 die
gebruik van, of in besit wees van, of
onder die invloed wees van enige
afhanklikheidsvormende
middel, insluitend maar nie beperk nie tot alkoholiese drank (insluitend bier
en cider), dagga of enige sigarette of tabak;
5.4.2 gedrag wat die veiligheid van andere in gevaar
stel en hulle regte skend;
5.4.3 die
gebruik van, of in besit wees van, ’n gevaarlike wapen;
5.4.4 die
verspreiding van, of in besit wees van, pornografie in enige vorm;
5.4.5 die pleeg van bedrog of diefstal
of enige ander handeling waarvan
oneerlikheid ’n element is;
5.4.5.1
die besit van gesteelde
goedere wetend dat dit gesteel is;
5.4.5.2
vandalisme of saakbeskadiging
in enige vorm;
5.4.5.3
aanranding, die gebruik van geweld en/of afknouery; kriminele en
onderdrukkende gedrag soos
byvoorbeeld verkragting en teistering wat op geslag
gebaseer is;
5.4.5.4
enige vorm van karakterskending, intimidering of geestelike of emosionele
teistering; immorele gedrag of
godslastering;
5.4.6 afwesigheid sonder verlof of wettige
verskoning van die skool, of van enige
skoolperiode of skoolfunksie
waarvan bywoning verpligtend is;
5.4.7 kru taalgebruik teenoor andere;
skadelike graffiti, haattaal, seksisme en
rassisme;
5.4.8 enige oortreding van die skoolreëls of
Gedragskode wat herhaaldelik voorkom;
5.4.9 enige optrede wat die goeie naam van die
skool in oneer bring;
5.4.10 ’n versuim om voor die Tugkomitee te
verskyn indien daartoe opgeroep of ’n
versuim om op vrae van die aanklaer of
Tugkomitee te antwoord indien daar nie
’n
gegronde rede vir die weiering is nie;
5.4.11 die organisering van of deelname aan
enige optrede wat nie vooraf met die
Hoof uitgeklaar is nie
en wat inbreuk kan maak op die akademiese, kulturele of
sportaktiwiteite van
ander leerders of op die funksionering van die skool;
5.4.12 die verskaffing van wesenlik valse
inligting oor die skool aan die pers of enige
ander instansie; of die vervalsing van dokumentasie om ’n
onregverdige
voordeel by die skool te
verkry; of die valse identifisering van
sigself;
5.4.13 enige poging, gedurende ’n klastoets
of ’n eksamen, om ’n ander leerder te
help of te probeer help,
of van ’n ander leerder hulp te verkry of te probeer verkry of uit enige
geskrif inligting of hulp te verkry of te probeer verkry, behalwe ’n geskrif
waarvan die gebruik deur die opsiener of die betrokke onderwyser uitdruklik
toegestaan is;
5.4.14 die oorneem in enige skriftelike
werkstuk, wat vir beoordeling aan ’n onderwyser ingelewer word, van wesenlik
onveranderd die geheel of wesenlik gedeeltes uit die werkstuk van ’n ander
leerder of ’n ander geskrif sonder erkenning van sy/haar bron en van die omvang
van sy/haar oorname. Normaalweg word
vereis dat ‘n werkstuk ten opsigte van voorbereiding sowel as formulering die
selfstandige werk van ’n leerder moet wees.
Samewerking tussen leerders by die voorbereiding van werkstukke is egter
toelaatbaar en mag soms self wenslik wees, tensy die onderwyser dit vooraf
uitdruklik verbied. Onder alle
omstandighede moet die formulering van ’n werkstuk egter die selfstandige werk
van elke leerder wees;
5.4.15 hulpverlening aan ’n ander leerder om
’n oortreding te begaan;
5.4.16 die pleeg van enige handeling of
versuim wat in ’n geregshof strafregtelik beregbaar is;
5.4.17 toegang verkry deur die
ongeoorloofde gebruik van rekenaars tot, of poog om toegang te verkry tot, die
skool se datalêers waartoe hy/sy nie toegang behoort te hê nie.
5.4.18 oneerbiedigheid, afkeurenswaardige
gedrag en beledigende taal wat teen opvoeders of ander werknemers van die skool
of teen leerders gerig is;
5.4.19 Die skool mag in geen opsig by
politieke optrede van watter aard ook al betrek
word nie. Leerlinge wat na die oordeel van die
Skoolhoof en Beheerliggaam
aan enige georganiseerde
wegbly-aksie ten opsigte van skoolbedrywighede deelneem,
verbeur daarmee hulle toelatingsvoorreg en kan deur die Skoolhoof verdere
bywoning van die skool geweier word.
5.4.20 enige ander gedrag wat na die
oordeel van die
Beheerliggaam tot tydelike
skorsing of uitsetting mag lei;
5.5
Wanneer ’n leerder
twyfel of ’n handeling of versuim op
’n oortreding sou
neerkom, kan hy/sy by die Hoof
uitklaring daaroor kry, wie se beslissing daaroor finaal is.
5.6
Wanneer die Hoof
goedkeuring moet verleen vir ’n handeling,
moet hy die
volgende faktore in ag neem:
(a)
’n leerder se reg op vryheid van spraak;
(b)
in welke mate die betrokke handeling die skool se beeld kan skaad;
(c)
in welke mate die betrokke handeling skade of ongerief vir ander persone
kan veroorsaak; en
(d)
in welke mate die betrokke handeling die onderrigproses kan bevoordeel
of benadeel.
6. TUGREGLEMENT
6.1 Die doelwit van tugmaatreëls is
om:
6.2 leerders tot verantwoordelike,
selfstandige besluitneming op te voed.
6.3 ‘n sterk pligsbesef by leerders
te kweek.
In hierdie proses moet
die ouers en die skool dinamies saamwerk.
ONAANVAARBARE gedrag is
gedrag van ’n leerder wat ’n oortreding van een of meer van die reëls vervat in die gedragskode
behels. Dit is die soort gedrag wat ’n negatiewe invloed het
op die leerder self of op ander leerders.
Hierdie soort gedrag werk steurend in op die sukses van die
opvoedkundige doelwitte sowel as op die algemene dissipline in die skool. Onaanvaarbare gedrag word direk gekoppel aan
strafmaatreëls.
6.4 Tugmaatreëlstelsel
6.4.1 Hierdie stelsel is die
uitvloeisel van werksessies en samewerkings tussen personeel, leerders en die
Beheerliggaam.
6.4.2 Elke situasie moet op meriete hanteer word.
6.4.3 Hulpgewing
aan leerders word voorop gestel.
6.4.4 Toepassing van tug geskied nadat
skuld bo alle twyfel vasgestel is.
6.4.5 Tydelike uitsluiting is dadelik van
krag en geld vir alle fasette
van
skoolaktiwiteite.
6.4.5.1
Waarsku leerder en ouer
altyd ten opsigte van die tug met die volgende
oortreding.
6.4.6 Berading word deur ’n professionele
persoon gedoen. Alle berading geskied
met die toestemming en
vir die rekening van die ouer.
6.4.7 ’n Oueronderhoud is
6.4.7.1
in geval van onaanvaarbare
gedrag ’n gesprek met die tugkomitee.
6.4.7.2
in geval van ernstige
wangedrag ’n verhoor deur die Beheerliggaam volgens
die voorskrifte van die
Skolewet.
Oortredings word gelys met die
aanbevole tug (Aanhangsel A). Benewens
die aanbevole tug het die tugkomitee ook die bevoegdheid om leerders van
leiersposisies te ontneem of om erekleure terug te trek of glad nie toe te ken
nie. (Sien grondwet van leerderraad en
maatreëls vir toekenning van erekleure.)
6.5 Die Beheerliggaam kan, na
oorleg met opvoeders, ouers en leerders,
bogenoemde
tugmaatreëls wysig en/of uitbrei op enige gegewe tydstip.
6.6 Erkenning
vir positiewe gedrag en akademiese prestasie
Erkenning vir positiewe gedrag en
akademiese prestasie vind deurlopend gedurende die skoolloopbaan van ’n leerder
plaas. Sodanige erkenning vind gestalte
in die prysuitdeling, kleuretoekennings en getuigskrif wat aan die einde van ’n
leerder se skoolloopbaan aan hom/haar oorhandig word. Faktore wat in ag geneem word, is:
Inisiatief,
Eerlikheid, Leierskap, Akademiese prestasie, Dienslewering, Skoolbesoek,
Kultuur/Sport prestasie, Gedrag/Gesindheid en Deursettingsvermoë
6.7 Tuginstellings
Tug
kan deur die volgende persone of instansies toegepas word binne die perke wat
deur hierdie reglement of toepaslike wet bepaal word:
6.7.1
die Hoof;
6.7.2
onderwysers;
6.7.3
die Tugkomitee;
6.7.4
’n toerbestuurder of
kampouer.
Die
Verteenwoordigende Leerderraad het geen tugbevoegdheid nie.
6.8
Hoof
6.8.1 Tugbevoegdhede
6.8.1.1
Die Hoof het alle
tugbevoegdhede in alle gevalle wat na hom verwys word, hetsy van onaanvaarbare
gedrag, hetsy van ernstige wangedrag, maar het geen tugbevoegdheid in die geval
waar hy van oordeel is dat die oortreding skorsing of uitsetting mag regverdig
nie. In laasgenoemde gevalle sal die
Hoof daarmee handel soos in paragraaf 6.11 hieronder beskryf.
6.8.1.2
Die Hoof is geregtig om,
wanneer hy afwesig is of andersins nie beskikbaar is
nie, sy bevoegdhede in
terme van hierdie paragraaf te delegeer aan die
adjunkhoof of ’n
onderwyser wat minstens 10 jaar lank ononderbroke
onderwys gegee het.
6.8.2
Prosedure
6.8.2.1
Die Hoof ontbied ’n leerder
wat hom- of haarself aan ’n beweerde oortreding
skuldig gemaak het, om
summier voor hom te verskyn.
6.8.2.2
Die Hoof verwittig die
leerder van die aard van die beweerde oortreding en lig
die
leerder in van alle relevante getuienis waaroor die Hoof daaromtrent beskik.
6.8.2.3
Indien die leerder skuldig
pleit aan die oortreding, mag die Hoof voortgaan om
die leerder te straf
nadat die leerder volledig geleentheid gehad het om feite en
faktore voor te lê wat
betrekking het op die aangeleentheid en die moontlike
straf wat opgelê mag
word.
6.8.2.4
Indien die leerder die
pleging van die beweerde oortreding ontken, moet die
leerder die volle geleentheid gegun
word om sy saak te stel, wat die geleentheid tot die roep van getuies sal
insluit. Die Hoof sal, in sy
uitsluitlike diskresie, verdere getuienis kan voorlê tot voordeel of tot nadeel
van die leerder, in die strewe daarna om die waarheid te bepaal.
6.8.2.5
Die Hoof moet alle inligting
en getuienis oorweeg en tot ’n bevinding kom wat
mondeling aan die leerder oorgedra
moet word. Daarna mag die Hoof voortgaan
om die leerder te straf nadat die leerder volledig geleentheid gehad het om
feite en faktore voor te lê wat betrekking het op die aangeleentheid en die
moontlike straf wat opgelê mag word.
6.8.2.6
Die Hoof kan, in sy
diskresie, enige persoon of leerder vra om hom tydens die
verrigtinge by te staan in ’n adviserende
hoedanigheid.
6.8.2.7
Die Hoof, of iemand deur hom
aangewys, moet aantekening hou van die
wesenlike
gebeure wat plaasvind tydens die verrigtinge.
6.8.3
Jurisdiksie
6.8.3.1
Die Hoof mag by skuldigbevinding
van ’n leerder die straf oplê soos
vervat
in die tugmaatreëlstelsel.
8.8.3.2 Indien die Hoof ’n leerder verhoor, kan hy wanneer hy van
mening is
dat
die oortreding van so ’n aard is dat dit ’n straf regverdig wat buite sy
jurisdiksie val, of dat dit andersins gewens is dat die Tugkomitee daarmee
handel, voor skuldigbevinding die saak na die Tugkomitee verwys vir verhoor.
6.8.4 Rapportering van tugoptrede
Die Hoof besluit of die oortreding en vonnis formeel teen die leerder se
rekord aangeteken moet word.
6.8.5 Appèl
’n Leerder wat kragtens hierdie
artikel deur die Hoof skuldig bevind en gestraf is, kan teen sy/haar
skuldigbevinding en/of straf appèl aanteken na die Voorsitter van die
Tugkomitee, welke appèl mutatis mutandis
sal verloop soos in paragraaf 6.13 hieronder uiteengesit.
6.9
Onderwyser
6.9.1
In die geval van enige onaanvaarbare gedrag wat in die teenwoordigheid
van ’n onderwyser gepleeg word of gerapporteer word aan ’n onderwyser
(insluitende die leierspan) sal die betrokke onderwyser die reg hê om, nadat
die leerder om ’n verduideliking gevra is en geen verontskuldigende antwoord
gegee word nie, die leerder self te tug.
6.9.2
Indien die leerder die bewerings teen hom ontken, moet die onderwyser
die saak aan die Hoof rapporteer.
6.9.3
Iedere geval van ’n vermeende oortreding wat op klaarblyklike ernstige
wangedrag neerkom, moet onmiddellik deur die leerder of onderwyser wat daarvan
kennis dra onder die aandag van die Hoof of die adjunkhoof gebring word. Geen onderwyser anders as die gedelegeerde
van die Hoof, sal die reg of bevoegdheid hê om enige tugbevoegdheid ten aansien
van ernstige wangedrag uit te oefen nie.
6.9.4
Tugmaatreëls vir ’n onaanvaarbare gedrag mag deur die betrokke
onderwyser opgelê word soos vervat in die tugmaatreëlstelsel (graad A
oortredings).
6.9.5
Sodanige oortreding en die straf wat daarvoor opgelê word, sal deur die
betrokke onderwyser op skrif, met die leerder se handtekening daarby, aan die
betrokke graadvoog deurgegee word wat die betrokke inligting teenoor die
betrokke leerder se naam in die toepaslike strafboek sal aanteken.
6.9.6
Waar die tugmaatreëls bepaal dat ouers gekontak moet word en/of waar
uitsluiting ter sprake kom, hanteer die graadvoog die betrokke geval in
samewerking met die Hoof of die adjunkhoof.
Die graadvoog moet toesien dat die leerder ’n brief per hand aan sy/haar
ouer of voog aflewer waarin:
6.9.7
(i) die vorige oortredings van die
leerder uiteengesit word;
(ii)
die ouer/voog meegedeel word watter betrokke tugmaatreël(s) in
werking
sal tree by enige verdere soortgelyke
oortreding.
6.10
’n Toerbestuurder
6.10.1
Funksies en prosedure
6.10.1.1
’n Toerbestuurder of ’n kampouer kan na goeddunke ’n leerder van ’n
toer-
of kampgroep uitsluit van deelname aan bepaalde aktiwiteite van so ’n groep, of
6.10.1.2
sy/haar lidmaatskap van die toergroep of
kamp summier beëindig
en
hom/haar
terugstuur na die skool of sy/haar permanente verblyfplek na gelang van die geval en die koste van die
ouer verhaal.
6.10.2 Die toerbestuurder of kampouer rapporteer
optrede onder Artikel 6.8.1
skriftelik aan die Hoof na afloop
van die toer wat geregtig sal wees, na gelang van die omstandighede, om die tugstappe
te neem wat in paragraaf 6.6 hierbo omskryf word.
6.11 Samestelling van Tugkomitee
6.11.1 Daar sal ’n Tugkomitee wees wat bestaan uit
twee lede van die Beheerliggaam se
komitee vir Regsaangeleenthede en ’n ander lid van die Beheerliggaam wat
nie die Voorsitter van die Beheerliggaam
is nie. Bykomende lede kan gekoöpteer word.
6.11.2
Die Voorsitter van die
Beheerliggaam se komitee vir regsaangeleenthede, wat
verkieslik ’n regsgeleerde moet wees, tree op as Voorsitter van die
Tugkomitee.
6.11.3
Twee lede van die Tugkomitee
vorm ’n kworum.
6.11.4
Die Tugkomitee kan enigeen oproep om haar/haar van advies te bedien, of
van inligting te voorsien, insluitende deskundiges van binne of buite die
skool. Die skool betaal ’n redelike
vergoeding aan ’n persoon van buite die skool wat dienste in hierdie verband
verrig.
6.11.5
Die Tugkomitee moet iemand aanwys om op te tree as sekretaris van die
komitee.
6.12 Magte van Voorsitter
6.12.1 Die Voorsitter van die Tugkomitee
bepaal die prosedure- en ordereëlings
vir ’n tugverhoor in die
mate waarin hierdie reglement nie daarvoor
voorsiening maak nie.
6.12.2 Die
Voorsitter van die Tugkomitee kan, indien hy/sy dit doenlik ag;
6.12.3 enige lid van die Tugkomitee gelas om
nie sitting te hê op die
Tugkomitee in ’n bepaalde saak nie;
6.12.4 enige lid van die Tugkomitee deur ’n ander
persoon vervang.
6.12.5 Die Voorsitter van die Tugkomitee:
6.12.5.1 stel sittingsdae en
–tye vir die Tugkomitee vas;
6.12.5.2 roep die Tugkomitee op ander dae byeen
indien omstandighede dit
noodsaak;
6.12.5.3 stel die Tugkomitee na goeddunke saam vir
elke sitting, mits dieselfde
saamgestelde Tugkomitee ’n besondere aangeleentheid van
begin tot
einde verhoor;
6.12.5.4 wys een van die lede aan om in sy/haar
plek waar te neem as
Voorsitter
wanneer hy/sy dit nodig ag.
6.13 Funksies en prosedure
6.13.1 ’n Klagte teen ’n leerder word, voordat dit aan die
Tugkomitee voorgelê word, deur die Hoof of sy gedelegeerde (in hierdie artikel
hierna bloot “die Hoof” genoem) ondersoek.
Die Hoof versamel sodanige inligting aangaande die klag en die
persoonlike omstandighede van die leerder (insluitende inligting wat tot die
voordeel van die leerder kan strek) as wat hy/sy nodig en moontlik ag.
6.13.2 Wanneer ’n oortreding gerapporteer word aan die Hoof, of die
Hoof ondersoek instel na so ’n beweerde oortreding, sal die Hoof in die geval
dat die aangeklaagde ’n seun is, en ’n dame deur die Hoof aangewys in die geval
dat die aangeklaagde ’n dogter is, die reg hê om die betrokkene se liggaam
en/of goed te deursoek en besit te neem van enige voorwerp wat na bewering betrokke
was by die pleging van die oortreding.
Sodanige goedere sal behou word deur die skool tot by afhandeling van
die tugoptredes teen die leerder, waarna die tuginstelling wat die tug toepas,
sal beskik oor die goedere en dit aan die regmatige eienaar daarvan moet
terugbesorg.
6.13.3 Indien die Hoof van mening is dat ’n
leerder aangekla behoort te word, stel
hy/sy’n verslag saam na sy/haar
ondersoek. Indien die Hoof van
mening is dat daar ’n prima facie saak teen die leerder bestaan, stel hy/sy ’n dissiplinêre
klagstaat op waarin die aanklag teen die leerder geformuleer word met
vermelding van die oortredings wat begaan is.
6.13.4 Die
Tugkomitee verhoor aanklagte teen leerders wat deur die Hoof aan
hom voorgelê word.
6.13.5 Die
Hoof stel ’n leerder wat van ’n oortreding voor die Tugkomitee aangekla word, asook sy/haar ouers/voogde
minstens 5 skooldae voor die datum en uur van die verhoor, skriftelik in kennis
om op ’n bepaalde tyd en plek voor die Tugkomitee te verskyn, tesame met ’n
dissiplinêre klagstaat soos bedoel in Artikel 6.11.3. Sodanige kennisgewing moet aan die leerder en
ouers/voogde persoonlik oorhandig word.
Indien die leerder egter vir twee dae agtereenvolgens nie by die skool
is nie, moet die kennisgewing per
geregistreerde pos aan hom/haar gestuur word.
Indien die kennisgewing per pos geskied, moet dit geadresseer word aan
die leerder se posadres, soos verstrek op die vorm ingevul by sy/haar jongste
aansoek om as leerder geregistreer te word of na enige veranderde adres waarvan
hy/sy later skriftelik kennisgewing aan die skool gegee het. Dit word aanvaar dat die leerder die
kennisgewing en besonderhede binne 7 dae (Saterdae, Sondae en Openbare
Vakansiedae uitgesluit) na die datum waarop dit gepos is, ontvang het, afgesien
daarvan of die leerder hom/haar nog by die betrokke adres bevind al dan nie, en
afgesien daarvan of hy/sy dit werklik ontvang het.
6.13.6 ’n Leerder wat voor
die Tugkomitee moet verskyn:
6.13.6.1 sal die reg hê om deur sy ouer of beide ouers of voog of beide
voogde
of hul verteenwoordiger (wat ’n regsverteenwoordiger kan wees)
bygestaan te word tydens die verhoor;
6.13.6.2 sal die reg hê in regsadvies te bekom ten
aansien van die verhoor;
6.13.7 Die kennisgewing in 6.13.5
6.13.7.1 moet die aangeklaagde nooi om skriftelik skuld te erken of te
ontken, en om indien hy/sy dit verkies, ’n skriftelike verklaring oor die
aanklag teen hom by die Hoof in te dien voor die aanvang van die verhoor;
6.13.7.2 moet die aangeklaagde daarop wys dat,
indien hy/sy by die tugverhoor aansoek
gaan doen om deur ’n
regsverteenwoordiger bygestaan te word, hy/sy minstens 48 uur voor die
dissiplinêre verhoor skriftelik aan die Hoof kennis van sy/haar voorneme moet
gee. Die kennisgewing moet hom/haar ook
daarop wys dat, indien sy/haar aansoek op die dag van die formele tugverhoor
toegestaan word, uitstel nie verleen sal word omdat ’n regsverteenwoordiger nie
dié dag of enige opvolgende dag,
beskikbaar is nie.
6.13.8 Die Tugkomitee mag enige dokumentêre of ander getuienis wat
op die
verhoor
betrekking het, ter tafel neem en die aangeklaagde en getuies ondervra.
Die Hoof lê sy verslag waarna in 6.13.3 verwys word, aan die
Tugkomitee voor. Die Hoof, die
aangeklaagde en die Tugkomitee het die reg om getuies te roep wat relevant tot
die aangeleentheid is of blyk te wees.
Iemand wat ’n getuie wil roep is self verantwoordelik om die
teenwoordigheid van die getuie te verseker.
6.13.9 Die Hoof lei die getuies voor die Tugkomitee en mag die aangeklaagde
of ’n getuie ondervra.
6.13.10 ’n Aangeklaagde mag:
6.13.10.1 die Tugkomitee toespreek om sy/haar saak te stel;
6.13.10.2 aan
die getuies wat voor die Tugkomitee getuig, vrae stel;
6.13.10.3 enige dokument wat op die verhoor betrekking
het, inspekteer en enige ander
getuienis ondersoek indien dit nie tot gevolg het dat getuies persoonlik
benadeel sou kon word nie;
6.13.10.4 getuienis gee ter verdediging van sy/haar
saak of ter versagting van die straf;
6.13.10.5 self getuies roep waarvan die name 24 uur
voor die tyd bepaal vir die verhoor by die Hoof ingedien is, en dokumentêre of
ander getuienis voorlê ter verdediging van die aanklag of versagting van die
vonnis;
6.13.10.6 die Tugkomitee toespreek ter verdediging of ter versagting van die
vonnis nadat al die getuienis gelei is en voordat die bevindinge en vonnis
oorweeg word.
6.13.11 Indien ’n aangeklaagde nie verskyn ingevolge
die skriftelike kennisgewing genoem in Artikel 6.13.5 nie,
kan sy/hy in absentia verhoor word.
6.13.12 Die beslissing van die Tugkomitee word mondeling aan die aangeklaagde meegedeel en daarna skriftelik
deur die Hoof aan hom/haar en sy/haar
ouers/voogde bevestig.
6.13.13 Na die oplegging van straf kan die
Tugkomitee besluit:
6.13.13.1 of hy aan enige ander tuginstansie die aard van die oortreding en
die straf opgelê sal rapporteer met die oog op verdere gepaste optrede;
6.13.13.2 om die oortreding aan
’n buitepersoon of instansie bekend te maak;
6.13.13.3 in
geval van oortredings anders as van toetse of eksamenregulasies, of
die
straf en die oortreding op die amptelike kennisgewingborde van die skool bekend gemaak moet word al dan
nie.
6.13.14 Tensy die Tugkomitee
anders besluit, mag die Hoof ’n skuldigbevinding en oplegging van straf ten opsigte van ’n
oortreding van die toets- en eksamenregulasies op die amptelike
kennisgewingbord van die skool
bekend maak sonder vermelding van
die name van die betrokke leerders.
6.13.15 Na afhandeling van ’n tugsaak word alle oorspronklike
dokumente,
bewysmateriaal,
notules van die verrigtinge en latere korrespondensie aan die Hoof vir bewaring
besorg.
6.14 Jurisdiksie
en strawwe
6.14.1 Die
beslissing van die Tugkomitee is, behoudens Artikel 6.13 finaal.
Daar word aan die Beheerliggaam verslag gedoen oor die verrigtinge,
bevindinge en strawwe van die Tugkomitee.
6.14.2 Die Tugkomitee kan een
of meer van die volgende strawwe oplê.
6.14.2.1 Onmiddellike skorsing van bywoning van die skool vir ’n tydperk
van hoogstens sewe skooldae. ’n Tugverhoor moet binne die sewe dae plaasvind;
6.14.2.2 Skorsing van bywoning van die skool in afwagting van die
Departementshoof se beslissing oor uitsetting uit die skool, nadat goedkeuring
vanaf die Kringbestuurder verkry is;
6.14.2.3 Heffing van ’n geldelike boete tot ’n maksimum van een duisend
Rand wat in die skoolfonds gestort sal word;
6.14.2.4 Kansellering van die uitslag van ’n toets, werkstuk of eksamen.
6.14.2.5 Oplegging van sodanige geldelike bedrag as wat genoegsaam is om
te kan vergoed vir enige skade, verlies of koste wat opsetlik of nalatig deur
die oortreder aan die skool of aan enige ander persoon of saak veroorsaak is,
en welke bedrag in die skoolfonds gestort sal word;
6.14.2.6 Opheffing vir ’n bepaalde tydperk van enige voorregte van ’n
leerder as lid van die skool;
6.14.2.7 Oplegging van ’n
bepaalde taak;
6.14.2.8 Enige ander straf wat die Tugkomitee in die besondere
omstandighede geskik ag.
6.15 Appèl
6.15.1 ’n
Leerder kan binne sewe dae na die beslissing van die Tugkomitee by die Voorsitter
van die Tugkomitee aansoek doen om verlof om appèl teen die Tugkomitee se
beslissing aan te teken. Die Voorsitter
staan sodanige aansoek toe indien hy/sy van mening is dat die leerder ’n
redelike vooruitsig op sukses het met so ’n appèl. Indien die Voorsitter die aansoek van die
hand wys mag die leerder vertoë in dié verband aan die Voorsitter van die
Beheerliggaam rig wie se beslissing finaal is.
’n Leerder wie se aansoek toegestaan word, of wie se vertoë suksesvol
is, kan teen die beslissing van die Tugkomitee appelleer na ’n Appèlraad deur
binne twee dae na die verlof tot appèl skriftelik kennis van appèl te gee by
Hoof.
6.15.2 ’n Leerder wat kragtens Artikel 6.13.1
appelleer moet binne sewe dae na die verlof
tot appèl sy/haar gronde vir
appèl skriftelik by die Hoof indien en ook skriftelik te
kenne gee teen watter deel van
die uitspraak hy/sy appèl aanteken.
6.15.2.1 Die Voorsitter van die Beheerliggaam stel ’n
Appèlraad saam wat uit drie lede van
die Beheerliggaam bestaan om enige appèl
aan te hoor waarvan die Hoof hom/haar
kennis gee en wys ook die
Voorsitter van die Appèlraad aan. Dit
sal verkieslik
wees indien hy ’n regsgeleerde
is. Indien nie, mag hy tydens die appèl
deur ’n
regsgeleerde bygestaan word. Geen lid van die Tugkomitee mag in die
Appèlraad
dien nie.
6.15.3
Die Hoof oorhandig alle dokumentasie en notules wat op die tugverhoor
betrekking het aan die Appèlraad.
6.15.4
Die Voorsitter van die Appèlraad stel ’n datum en tyd vas vir die
verhoor van die appèl en die Hoof gee minstens 7 dae vooraf skriftelik kennis
van die verhoordatum van die appèl aan alle betrokkenes.
6.15.5
Die Appèlraad kan na goeddunke enige persoon oproep om hom/haar van
inligting te voorsien wat op die tugsaak betrekking het. Die Appèlraad hoor voorts mondelinge vertoë
van die appellant aan en bied geleentheid aan die Tugkomitee om die redes vir
die Tugkomitee se beslissing te motiveer.
6.15.6
Die Appèlraad kan die Tugkomitee se beslissing bekragtig, ter syde stel
of wysig, en is bevoeg om ’n swaarder straf op te lê as wat die Tugkomitee
opgelê het.
6.15.7
By die berekening van dae word Saterdae, Sondae en openbare vakansiedae
nie ingereken nie.
6.15.8
’n Leerder of die ouer van die leerder wat uit ’n openbare skool gesit
is, kan teen die beslissing van die Departementshoof appèl aanteken by die Lid
van die Uitvoerende Raad. Indien ’n
leerder wat ingevolge artikel 3(1) aan verpligte bywoning onderhewig is, uit ’n
openbare skool gesit word, moet die Departementshoof ’n alternatiewe reëling
tref vir sy of haar plasing by ’n openbare skool. (Verwys na SA Skolewet, Artikel 9(1-5).
6.16 Rapportering
’n Leerder wat deur die Tugkomitee
skuldig bevind is se oortreding en vonnis word teen sy/haar leerderrekord
aangeteken tensy die Tugkomitee anders besluit.
Die Hoof mag na verloop van minstens twee jaar, op versoek van ’n
leerder en indien hy/sy meen dat daar goeie redes voor bestaan, gelas dat ’n
leerder se oortreding en vonnis van sy/haar leerderrekord verwyder word.
6.17 Algemene beginsels by tugsake
6.17.1 Tuguitoefening geskied volgens die reëls van natuurlike
geregtigheid en,
insover van toepassing,
hierdie Dissiplinêre Kode en Tugreglement.
6.17.2 Die Tugreglement weerspieël die beginsels van die Grondwet
van die
Republiek van Suid-Afrika.
6.17.3 Die Tugkomitee en die Appèlraad moet te
alle tye onbevange en objektief wees.
6.18 Voorbeelde
6.18.1 Kennisgewing
van Tugsitting
Aan:
(Naam) ……………………………………..
U word hiermee in kennis gestel om voor die
Tugkomitee van die Hoërskool Overberg te verskyn. Die tugsitting vind plaas op ………………… om ……….
in die ……………………….
’n Klagstaat wat die aanklag
uiteensit word aangeheg.
Indien u nie verskyn nie, kan u in u
afwesigheid verhoor word.
U mag skriftelik skuld erken of
ontken, en indien u dit verkies, ’n skriftelike verklaring oor die aanklag teen
u by die Hoof indien voor die aanvang van die verhoor.
Indien u by die tugverhoor aansoek
gaan doen om deur ’n regsverteenwoordiger bygestaan te word, moet u minstens 48
uur voor die dissiplinêre verhoor skriftelik aan die Hoof kennis van u voorneme
gee.
Indien u aansoek op die dag van die
formele tugverhoor toegestaan word, sal uitstel nie verleen word omdat ’n
regsverteenwoordiger nie dié dag of enige opvolgende dag, beskikbaar is
nie. U is self verantwoordelik vir u
regskoste.
Indien u self getuies wil roep moet
hulle name 24 uur voor die tyd bepaal vir die verhoor by die Hoof ingedien
word.
……………………………….
HOOF
6.18.2 Klagstaat
Naam van beskuldigde …………………………………
Reël/Reglement oortree
………………………………..
Artikel oortree ………………………………………….
Aanklag: U word daarvan aangekla dat u bogenoemde artikel(s) oortree
het
deurdat u op of omtrent …………………….... en te of naby
die
volgende handeling verrig/versuim begaan het …………….
7. LEERDERRAAD
Hierdie demokraties verkose rade is
bemagtig om leiding te neem onder leerders ten opsigte van die uitlewing van
die gedragskode.
Geen dissiplinêre stappe mag
deur die rade self toegepas word nie – maar wel die identifisering van die probleme en die aanmelding daarvan.