HOËRSKOOL OVERBERG

 

OUERGIDS

 

HIGH SCHOOL OVERBERG

 

The   school   with   a   vision   for   the   future

 

Die   skool   wat   dink   oor   die   toekoms

 
 
INHOUDSOPGAWE

                                                                                                                              Bladsy

 

1.         Inleiding                                                                                                         1         

 

2.         Mission                                                                                                           1

 

3.         History of the school                                                                                      2

 

4.         Ons Kleure en Wapen                                                                                   3

 

5.         Skoollied                                                                                                         3

 

6.         Die Gedragskode en Huishoudelike Reëls                                                 4 - 10

 

7.         Buitemuurse bedrywighede                                                                           11

 

8.         Vakkeuse                                                                                                       11

 

9.         Finansiële Aspekte                                                                                        12

 

10.       Koshuise                                                                                                         12 - 13

 

11.       Algemene Inligting                                                                                         13 - 15                                                                                                

12.       Inskrywing van Leerlinge                                                                              15

                                            

13.       Belangrike Inligting                                                                                       16

 

                                                                                                                                                Ouergids2011


-1-

HOËRSKOOL OVERBERG

 

DIE SKOOL WAT DINK OOR DIE TOEKOMS

 
VOORWOORD

By die Hoërskool Overberg glo ons dat elke kind sy volle potensiaal kan bereik indien die akademiese-, kulturele- en sportgeleenthede wat gebied word, ten volle benut word.  Om u kind suksesvol vir die uitdagings van die 21ste eeu voor te berei, is die belangrikste stap  die keuse van ’n skool met ’n visie vir die toekoms.  Hoërskool Overberg kan met reg sê dat matrikulante van hierdie skool enige van die volgende studievelde suksesvol verder kan betree:

 

Natuurwetenskaplik

Geesteswetenskaplik

Ekonomiesewetenskaplik

Rekenaarwetenskaplik

Gasvryheidstudie

Ingenieurswetenskaplik

Landbouwetenskaplik

Tegnologiewetenskaplik

 

Ons is gerat vir die 21ste eeu.  Daarom glo ons dat hierdie die hoërskool van u keuse behoort te wees.

 

1.                  INLEIDING

Hierdie ouergids is ’n poging om u as ouer of voog van genoegsame inligting rakende die skool te voorsien.  Ons wens is dat hierdie gids u bewus sal maak van die komplekse aard van ’n moderne skool en u sal inspireer om ’n bydrae te maak om te verseker dat die skool die beste moontlike diens aan die gemeenskap lewer.  Indien hierdie gids daarin slaag om die deure van die skool vir u oop te maak, dan het dit in sy doel geslaag.

 

2.                  MISSION

 

It is the mission of the Overberg High School, in collaboration with the teachers, parents and pupils,  to provide our learners with effective, balanced and future oriented education, in order to empower them, according to their individual potential, to lead a purposeful existence in a changing world.

 

            Doelstellings

            By Hoërskool Overberg strewe ons daarna om:

v     die leerders in totaliteit te begelei na liggaamlike, geestelike, intellektuele en sosiale volwassenheid.


-2-

v     leerders se volle potensiaal op akademiese, fisieke en kulturele gebied te verwesenlik.

v     Christelike en patriotiese norme en waardes by leerders te vestig.

v     die leerders te lei om gesag te aanvaar, lojaliteit teenoor die skool en die gemeenskap te kweek, selfdissipline te ontwikkel en ’n gesonde groepgees te kweek.

v     die individualiteit van elke leerder te erken en om elkeen te leer ken.

v     altyd onberispelik te wees in gedrag en voorkoms.

v     as personeel in die gemeenskap betrokke te wees om so ook die beeld van die skool uit te dra.

v     kollegialiteit  en lojaliteit te bevorder.

v     te alle tye as personeel ’n professionele en navolgenswaardige voorbeeld uit te dra.

v     ouerbetrokkenheid en welwillendheid aan te moedig.

v     die behoeftes en wense van die gemeenskap te eerbiedig en te erken.

v     skooltrots en ’n ryke tradisie uit te bou.

v         ’n akademiese atmosfeer in die skool te skep sodat opvoeding en onderwys vir leerder en leerkrag, ’n sinvolle en aangename ervaring mag wees.

 

 

3.                  HISTORY OF THE SCHOOL

            In 1895 the Caledon Jongenskool and the girl’s school merged and the Caledon Public School was established with Mr JC Gericke as headmaster.

 

            In 1900 the Caledon Public School moved into the beautiful buildings which         now house       the Overberg District Office.

 

            In 1923 the plans for the present school buildings were sent to Mr Theo Pienaar and in             1925 the new building, with only 4 classrooms, was inaugurated.

 

            In 1934 two wings were added to give the school a U-shaped appearance and      in 1935 it         became the official High School.

 

            In 1951 the first boarders moved into Huis Van den Berg and in 1960 the girl’s hostel, Nerina, was inaugurated.

 

            Die skool het verder as volg uitgebrei:

 

            1966    Skoolsaal en musiekkamer

            1985    Dak oor paviljoen

            1992    Klubhuis / Kafeteria

            1995    Ingangsboog

            1999    Gasvryheidslokaal en Restaurant

            2001    Aantrekkamers

            2004    Nuwe toilette

            2005    ‘Old Boys’ klubhuis

            2006    Nuwe personeelkamer en admin blok asook Meganiese Tegnologiesentrum

            2008    Nuwe hokkie klubhuis


-3-

 

4.         ONS  KLEURE EN WAPEN

           

Die belangrikste kentekens van ons skool is ons kleure en wapen waarop die leuse, AD ALTIORA (na die hoëre dinge) ’n prominente plek inneem.  Elke item wat op die wapen verskyn, het ’n besondere betekenis en in die geheel is dit ’n simboliese voorstelling van WIE en WAT ons is en WAARHEEN ons strewe.

 

Die kleurpatroon van die agtergrond van ’n wapen is heraldies die belangrikste en toon die verbintenis met die eienaar.  Om daardie rede het ons skoolwapen die agtergrond van die familiewapen van Graaf Caledon, na wie ons dorp vernoem is.  Die wit en swart kleure van die agtergrond is dan ook in ons skoolkleure opgeneem.

 

Die skild van die wapen is ’n eenvoudige, half-ovaalvormige skild sonder enige tierlantyntjies.

 

In die onderste linkerkwartier van die skild is drie blou pylpunte wat almal boontoe wys.  Hulle simboliseer die drie hoë, opvoedkundige ideale wat ons nastreef, t.w. geestelike, verstandelike en liggaamlike ontwikkeling.

 

Die hoofmotief van ons wapen is ’n goue koringhalm en aar wat die skild met swierige boë dek.  Die halm ontspring uit die onderste pylpunt en is simbolies van die vrug wat ons op ons arbeid verwag.  Dit simboliseer ook die hoop vir die toekoms wat in die kiem in ons leerlinge aanwesig is.  Die koringaar is ook tiperend van die ryk graandistrik waarin ons skool geleë is.

 

5.         SKOOLLIED

 

1.    Teen Swartberg se hang in die suide,     2.   In werk en in spel en in wandel                

       bo lande met geel ryp graan.                      Bly elk aan ons leus’ getrou                 

Waar berge soos bakens ons aanwys            Met gawes van Bowe gegewe

hoe die pad van ons plig sal gaan                  sal ons steeds sy faam uitbou.

Klink die lied van ’n jeug se strewe,             Streef met hart en verstand en hande           

uit ons skool ’n honderd maal:                     Om die toppunt te behaal

Hoër en altyd nóg hoër,                                 “Ad Altiora” ons leuse         }    2x

Klink die  lied van ons ideaal.                        en die hoogste ons ideaal!!  }

Hoër en altyd nóg hoër,

Klink die lied van ons ideaal.

 

 

 

 

 


-4-

 

6.         DIE GEDRAGSKODE EN HUISHOUDELIKE REËLS

           

            In Hoërskool Overberg word dissipline toegepas aan die hand van norme wat    behoorlike gedrag tot  gevolg kan hê. 

 

            Die volgende uitgangspunte geld:

·     Kwaliteitopvoeding is elke leerder se reg en dit mag nie deur die gedrag van      ‘n ander          leerder benadeel word nie.

·     Aanvaarbare gedrag moet versterk word terwyl ongewenste en negatiewe gedrag         afgekeur of gestraf moet word.

·     Leerders moet hulle te alle tye aan die gedragskode onderwerp.

·     Leerders saam met hul ouers of voogde onderneem, as deel van die toelatingsvereistes, dat    die gedragkode eerbiedig sal word.

·     Slegs deur spanwerk tussen die ouers, leerders en die skool kan positiewe dissipline geskep    word.

·     Ouers of voogde moet deurlopend betrek word by die dissipline en verantwoordelikheid           aanvaar vir die gedrag van hulle kind(ers).

 

6.1       ORDEREËLINGS

 

6.1.1        Algemene ordereëlings:

·                       Alle nasionale simbole soos die landsvlag en –wapen sowel as      dié van die      skool moet, eerbiedig word.

·                       Leerders moet die gesagstruktuur van die skool erken en eerbiedig en   mag     op geen manier die skool in diskrediet bring nie.

·                       Skoolgebou en skooleiendom mag onder geen omstandighede beskadig of          gesteel word nie.

·                       Leerders moet te alle tye die gemeenskap se welvoeglikheidsreëls ten   opsigte van seun-dogter verhoudings handhaaf.  Geen openbare       liefkosery word op die skoolterrein, tydens skoolure of skoolfunksies,    of op    enige ander plek terwyl in skooldrag geklee, toegelaat nie..

·                       Geen wapens of gevaarlike voorwerpe word op die skoolterrein   toegelaat nie en geen leerder mag ‚n ander se fisiese veiligheid    bedreig nie.

·                       Die besit, hantering of gebruik van tabak, alkohol, dwelmmiddels,           aanstootlike leesstof of ander materiaal op die     terrein of op enige ander       plek terwyl die leerder in skooldrag is, of betrokke by ’n         skoolaktiwiteit is, is verbode.

·                       Ryloop, vanaf of na die skool of koshuis wanneer skooldrag gedra word,             is verbode.

·                       Selfone is totaal verbode gedurende skoolure en in eksamenlokale.

·                       Enige versoeke van ‘n klas of groep leerders aan die skoolhoof, moet deur       die leerderraad hanteer word.

6.1.2    Every learner is expected to attend school regularly and faithfully                       according to the set school times:

 

·                    No learner may leave the school grounds or be absent from a       class without   prior   permission from the principal or vice-principal.

·          An acceptable reason for absenteeism must be provided telephonically or in writing by the parent or guardian.

 

-5-

·          A letter of permission to leave the school must be collected at the office, signed by all teachers, headmaster or deputy and then be handed back at the office.

·          An injured or ill pupil may only be fetched from school by either the parent or guardian or by someone with specific permission from the parent or guardian.

·          Requests for absenteeism can only be granted if it does not clash with any assessment tasks.  Only a medical certificate will be accepted as an excuse for absenteeism from assessment tasks.  In the case of a funeral, for example, arrangements must be made  with the principal.  In the case of no medical certificate being submitted, no marks can   be awarded for that task.

·                   Should a learner be injured or becoming ill at school, it is to be reported to the office immediately. 

6.1.3        The parent or guardian must advise the principal of a learner’s absence.  This can be done telephonically during the absence or by submitting a letter / fax / email or a sms reply on the school’s notice from the parent or guardian at the latest on the day of returning to school. 

6.1.4        Every learner who is late for school is to report to the secretary before attending any classes.

6.1.5        No learner is allowed to leave school before the end of the year in which he / she either turns 15 or completes grade nine, whichever one occurs first.

6.1.6        Vir die ordelike verloop van die skooldag moet op die volgende gelet word:

·                   Leerders moet vyf minute voor die klok lui op die plekke in die vierkant, of by die betrokke lokale vergader.

·                   Wisseling tussen periodes geskied ordelik en in rye.  Seuns wag vir dogters en laer  klasse vir hoër klasse.

Leerders wag totdat die onderwyser opdrag gee om die klas binne te gaan.  Indien die onderwyser nie teenwoordig is nie, moet die skoolhoof dadelik in kennis gestel word.

·                   Geen leerder mag sonder toestemming van ‘n onderwyser in ‘n klaskamer wees nie.

·                   Aan die begin van pouses en aan die einde van die dag bly leerders doodstil sit terwyl die afkondigings gedoen word. (afkondigings altyd deur ‘n onderwyser onderteken)

·                   Geen leerder mag gedurende ‘n lesuur of tydens klaswisseling sonder die onderwyser se verlof na die kleedkamer of enige ander plek gaan nie. 

·                   Wanneer ‘n leerder vir dissiplinêre redes uitgesluit word, moet hy/sy ‘n duidelike opdrag ontvang om of voor die deur te staan of die sekretaresse word in kennis gestel dat die leerder na die kantoor toe gestuur word.

·                   Geen leerders word toegelaat om tydens skooltyd die terrein te verlaat om enige boeke of werk by die koshuise of by ‘n huis te gaan haal nie.

·                   Balspele met sokker- en rugbyballe is slegs op die rugbyveld toelaatbaar.

·                   Verbode terriene word op die meegaande diagram aangedui.

6.1.7    In the classroom:

·                   All rules are aimed at maintaining and encouraging a positive teaching and learning culture.

·                   All assignments given by teachers should be carried out meticulously.

·                   Homework should be recorded in a diary and completed diligently.

·                   Under no circumstances may any furniture be defaced with graffiti or damaged.

·                   No eating or drinking in classrooms or passages. (including chewing gum)

-6-

 

6.1.8    Buite die klaskamer:

·                   Kleedkamers en toilette moet baie netjies gehou word en daar mag nie in die kleedkamers geraas of onnodig gedraai word nie.

·                   Enige verlore artikels moet dadelik by die kantoor ingehandig word.

·                   Slegs personeel en leerderraadslede mag kennisgewings op kennisgewingsborde aanbring.

 

6.1.9    Motors, motorfietse en fietse:

·                   Voertuigbestuurders moet altyd baie versigtig bestuur.

·                   Leerders wat motors of motorfietse op die terrein bestuur, moet ‘n geldige rybewys hê.

·                   Alle voertuie word op die teerblad naaste aan die laerskool parkeer.

·                   Daar mag nie met motorfietse of motors op die terrein gery word nie, behalwe vir die  uitsluitlike doel om op die netbalbaan te parkeer.

·                   Alle voertuie is verbode terrein gedurende die skooldag.

 

6.2       PERSOONLIKE VOORKOMS EN KLEREDRAG (SEUNS)

 

6.2.1    Clothing, shoes, hair and nails should be neat and clean at all times.

6.2.2    School uniforms (or sportswear) are compulsory for attendance of any school activity unless prior arrangements are made for specific circumstances.

6.2.3    Skin adornments such as sketches, writing or tattoo marks are not allowed on visible body parts when dressed in school uniforms or sportswear.

6.2.4    Learners who appear in public in school clothes must be in full school uniform.

            No casual clothing may be seen under the school uniform.

6.2.5    Summer uniform:

·                   Grey trousers worn with a black belt, white short-sleeved shirt with the school badge on the pocket, grey socks and black leather shoes or boots which can be polished.

·                   Depending on the weather, the blazer may be worn alone or with the long-sleeved or  school pull-over.  The pull-over may also be worn without the blazer.

           Pull-over grade 8 – 11: Royal blue, grade 12: Black with “Matriek” embroided on.  Long sleeve jersey grade 8-12: Royal blue.

            6.2.6    Winter uniform:

·                   White shirt with or without the badge, school tie and blazer.

·                   The long-sleeved school jersey or pull-over may also be worn under the blazer but not without the blazer.

·                   On hot days, except on Mondays and Fridays, the pull-over may be worn without a blazer.

·                   Only the scarves supplied by the school are allowed.

6.2.7    Long pants:

·                   The hems are to be properly sewn up and the trousers may not be longer than the heels of the shoes.

6.2.8    Shoes:

·                   Black leather shoes/boots with black stitching are allowed.  Shoes/boots with  black laces or buckles will be acceptable.

·                   Heels may not be higher than 2,5 cm.

·                   Boots may only be worn with trousers.

·                   Shoes and boots to be polished regularly and shoe laces neatly tied.

-7-

 

·           Learners whose footwear does not conform because of repairs should obtain permission from the vice principals to wear alternative shoes.

·           Grey school socks to be worn with summer and winter outfits.

6.2.9    School badges:

·           Only school lapel badges (3 at a time) are allowed on the blazer.

6.2.10  Reënbaadjie (sportbaadjie)

·           Op reëndae word die baadjie toegelaat tot met die begin van die skooldag indien ’n skoolbaadjie ook gedra word.

·           Die reënbaadjie is in die somer- en winterkwartale toelaatbaar as dit óór die skoolbaadjie gedra word.

 

6.3       PERSOONLIKE VOORKOMS EN KLEREDRAG (DOGTERS)

6.3.1    Clothing, shoes, hair and nails should be neat and clean at all times.

6.3.2    School uniforms (or sportswear) are compulsory for attendance of any school activity unless prior arrangements are made for specific circumstances.

6.3.3    Skin adornments such as sketches, writing or tattoo marks are not allowed on visible body parts when dressed in school or sportswear.

6.3.4    Learners who appear in public in school clothes must be in full school uniform.

            No casual clothing may be seen under the school uniform.

 

6.3.5    Somerdrag:

·           Wit kortmou hemp sonder das,skoolrok, wit sokkies, swart skoene (toeryg of bandjie oor voet) met plat hakke.

·           Depending on the weather, the blazer may be worn alone or with the long-sleeved or sleeveless school jersey.  The sleeveless pull-over may also be worn without the blazer.

Sleeveless jersey grade 8 – 11: Royal blue, grade 12: Black with “Matriek” embroided on.  Long sleeve jersey: Royal blue.

·           Die roklengte moet 10 – 15 cm bo die knie wees, wanneer kniel.  Die diskressie van die onderwyser is bepalend.

·           Wit skoolsokkies, sonder patroontjies of gaatjies is toelaatbaar en dit mag nie oor die enkels afgerol word nie

            6.3.6    Winter uniform:

·           White shirt with or without the badge, school tie and blazer.

·           The long-sleeved school jersey or pull-over may also be worn under the blazer but not without the blazer.

·           On hot days, except on Mondays and Fridays, the pull-over may be worn without a blazer.

·           Only the scarves supplied by the school are allowed.

6.3.7    Winter slacks:

·           Slacks are worn with grey socks.  The hems are to be properly sewn up and the trousers may not be longer than the heels of the shoes.

·           Boy’s trousers are not allowed.

6.3.8    Shoes and socks:

·           Black leather shoes/boots with black stitching are allowed.  Shoes/boots with black laces or  will be acceptable.

·           Heels may not be higher than 2,5 cm.

·           Boots may only be worn with trousers.

·           Shoes and boots to be polished regularly.

 

-8-

·           Learners whose footwear does not conform because of repairs should obtain written permission from the vice principal to wear alternative shoes.

·           Grey socks to be worn with trousers.

·           Black school stockings may be worn in winter.

6.3.9    School badges:

·           Only school lapel badges (3 at a time) are allowed on the blazer.

6.3.10  Reënbaadjie (sportbaadjie)

·           Op reëndae word die baadjie toegelaat tot met die begin van die skooldag indien ’n skoolbaadjie ook gdra word.

·           Die reënbaadjie is in die somer- en winterkwartale toelaatbaar as dit óór die skoolbaadjie gedra word.

 

6.4       JUWELIERSWARE, HARE EN NAELS (SEUNS)

 

            6.4.1    Die volgende geld ten opsigte van juweliersware:

·           Slegs die erkende aanduidings vir allergieë word toegelaat.

·           Juweliersware  aan enige liggaamdseel is ontoelaatbaar saam met skool- of sportdrag of  tydens sportoefeninge.

·           Sigbare ketting vir sleutels om die nek is ontoelaatbaar.

·           Ontoelaatbare juweliersware word geskut tot aan die einde van die betrokke kwartaal waarna dit teen die betaling van ‘n boete teruggekry word.

 

6.4.2    Hare moet goed versorg, skoon en volgens die volgende vereistes gedra word:

·           Die haarlyn moet agter die kop geleidelik in die nek vloei en mag nie oor die kraag hang nie.

·           ‘n Reghoekige snit vir die nek is toelaatbaar, maar hare mag nie agter die nek ‘n rif vorm nie.

·           Bakkebaarde mag nie laer as die middel van die oor wees nie.

·           Snorre of baarde is ontoelaatbaar en seuns met velprobleme moet ‘n mediese sertifikaat voorlê.

·           Enige snaakse haarstyle is ontoelaatbaar.

·           Matige gel, haarsproei of opknappers is aanvaarbaar, maar mag nie sigbaar wees nie.

·           Klam hare soggens met aankoms by die skool is toelaatbaar.

·           Gekleurde hare mag slegs in ‘n natuurlike kleur wees. Indien die reël oortree word,   moet die hare kort geskeer word.  

·           Hare van matrieks moet na afloop van die afskeid weer volgens skoolreëls wees. Geen toegewings word gemaak nie.

6.4.3    Naels moet netjies geknip en nie langer as die vingerpunte wees nie.

 

6.5       JUWELIERSWARE, HARE, NAELS EN GRIMERING (DOGTERS)                         

6.5.1    Die volgende geld ten opsigte van juweliersware:

·           Die erkende aanduidings vir allergieë word toegelaat.

·           Sigbare ketting vir sleutels om die nek is ontoelaatbaar.

·           Die volgende riglyne vir juweliersware is geldig:

·           Standaard-oorringetjies of -knoppies (goud of silwer) met ‘n deursnee van 1½ cm is aanvaarbaar.

·           Slegs een oorringetjie of knoppie word in die onderste gaatjie van elke oor gedra.

·           Ronde diamant-tipe steentjies met ‘n deursnee van 5 mm is toelaatbaar.

-9-

·           Juweliersware  aan enige ander liggaamsdeel is ontoelaatbaar saam met skool- of sportdrag of tydens sportoefeninge.

·           Ontoelaatbare juweliersware word geskut tot aan die einde van die betrokke kwartaal waarna dit teen die betaling van ‘n boete teruggekry word.

6.5.2    The following rules with regard to hair must be conformed to:

·           Hair should be well-groomed and neatly styled.

·           Long hair must be neatly tied against the head with hairclips or elastic bands in the school colours. (white, black or dark blue ribbons, baubles or elastics)

·           Brown, black, silver and gold clips and Alice bands of the prescribed size and shape will also be allowed, but no fashion items are allowed.

·           Supervising teachers will decide whether hair hanging over the collar should rather be fastened.

·           Long fringes and loose hair have to be pinned back out of the face.

·           Coloured hair must be in a natural shade.

·           Hair of matrics must be according to school rules directly after the matric farewell. No exceptions will be allowed.

6.5.3    The following rules with regard to nails must be conformed to:

·           Only colourless nail varnish is allowed.

·           Nails may not extend beyond the fingertips.

·           Matric pupils may start growing their nails two weeks before the farewell.

·           Painted toenails are not allowed in the sport classes or on the sports fields.

6.5.4    No make-up to be worn at the school or at any school event.

 

6.6              SPORTBYEENKOMSTE, BUITEMUURSE BEDRYWIGHEDE EN     SPORTPERIODES   

 

            6.6.1    Drag na sportbyeenkomste:

·           Wanneer ‘n leerder die skool op enige gebied verteenwoordig, moet die voorgeskrewe drag gedra word.

·           Onder die skoolsweetpak mag slegs die sporthemp of ‘n goedgekeurde spanhemp gedra word.

·           In uitsonderlike gevalle sal ‘n spesiale afkondiging gemaak word.

·          Leerders wat as toeskouers ‘n byeenkoms bywoon, moet in volle skooldrag of volle sportdrag geklee wees.

 

6.6.2    Ordereëlings vir buitemuurse bedrywighede:

·          Leerders moet besluit by watter aktiwiteite hulle betrokke wil wees en alle verpligtinge stiptelik nakom.

·          Wanneer leerders as ‘n groep aan ‘n aktiwiteit (sport of uitstappies) deelneem, moet dit deur ‘n onderwyser gereël word.

·          Oefentye en ander afsprake moet stiptelik nagekom word en vooraf verskonings moet persoonlik by die betrokke onderwyser gedoen word.

 

6.6.3        Ordereëlings vir sportperiodes:

 

·          ‘n Leerder mag slegs van sportperiodes vrygestel word as ‘n mediese sertifikaat ingehandig word.

·          Grondige verskonings vir ‘n bepaalde sportperiode moet skriftelik aan die betrokke onderwyser gerig word.

 

 

-10-

 

6.7       Sportdrag

 

6.7.1    PT Clothes:

Blue and black golf shirt. Black/blue ‘ovies’ shorts (not ski pants). School tracksuit. Proper sport shoes (tekkies).

 

6.7.2    Atletiek

 

6.7.2.1 Dogters

Atletiekhempie, skoolsweetpak, swart  broekie/wedloop-broekies (“poly shorts”).

7.4.2.2  Seuns

Atletiekhempie, swart broek, skoolsweetpak. Geen ‘ski pants’ word toegelaat.                                     

6.7.3    Krieket

            Blou en swart sporthemp en witbroek

 

6.7.4    Tennis

Blou en swart sporthemp en tennisskoene.

 

6.7.4.1 Dogters

            Blou en swart sporthemp, swart broek en tennisskoene.

6.7.4.2Seuns

Blou en swart sporthemp, swart broek en tennisskoene.

 

6.7.5    Hokkie

6.7.5.1 Dogters

Donkerblou romp, blou en swart sporthemp, swart hokkieskoene, hokkiesokkies, skoolsweetpak. Eerste spanne reël self.                                                                                            

6.7.5.2 Seuns

Swart broekie, blou en swart sporthemp, swart hokkieskoene, hokkiesokkies, skoolsweetpak. Eerste spanne reël self.

 

6.7.6    Rugby                                                                                                                                      Swart broek, trui, kouse, skoene, skoolsweetpak. Eerste spanne reël self.

 

6.7.7    Netbal                                                                                                 

Donkerblou romp, blou en swart sporthemp, wit sokkies en sportskoene. Eerste spanne reël self.

 

6.7.8    Gholf

            Privaat netjiese gholfdrag.

 

6.7.9    ‘Ovies’ beanie

Deel van wintersportdag. Dit mag net in die oggende vanaf die huis tot by die skool gedra word. As die klok lui moet die beanie afgehaal word.

 

6.7.10  Die voorafgaande is in breë die gedragskode en huishoudelike reëls waaraan    ’n leerling       hom/haar sal moet onderwerp na inskrywing en aanvaarding by Hoërskool Overberg.        Vir meer besonderhede kan bogenoemde dokument in      detail bestudeer word.

 

-11-

            Die beheerliggaam kan na oorleg met opvoeders, ouers en leerders, bogenoemde reëls            wysig en/of uitbrei op enige gegewe tydstip.

 

7.         BUITEMUURSE BEDRYWIGHEDE

7.1       Sport

Somer

Atletiek, tennis, krieket (seuns en dogters), gholf

 

Winter

Rugby, Hokkie (seuns & meisies), netbal, landloop.

 

7.2       Verenigings en ander buitemuurse bedrywighede

Debat, Toneel en drama, ACSV, Skaak, Skoolkoor, Kunstefees, Olimpiades, Vasvra kompetisies,  Sokkies, Musiek- en kooruitvoerings, Uitstappies.

 

8. VAKKEUSE – 2011

 

GRAAD 8 & 9

 

1.                  Taal, Geletterdheid en Kommunikasie

v     Afrikaans Huistaal / Eerste Addisionele Taal

v     Engels Huistaal / Eerste Addisionele Taal

2.                  Wiskundige Geletterdheid, Wiskunde  en Wiskundige Wetenskappe

3.                  Mens- en Sosiale Wetenskappe

4.                  Natuurwetenskappe

5.                  Ekonomiese en Bestuurwetenskappe

6.                  Tegnologie

7.                  Kuns en Kultuur

8.                  Lewensoriëntering

 

GRAAD 10 - 12

 

                        Verpligte vakke:

1.                  Afrikaans: Huistaal / Eerste Addisionele Taal

2.                  Engels: Huistaal / Eerste Addisionele Taal

3.                  Wiskunde / Wiskundige Geletterdheid

4.                  Lewensoriëntering

 

Keuses:

5.                  Lewenswetenskap /  Rekenaartoepassingstegnologie /  Fisiese Wetenskap / Rekeningkunde / Toerisme

6.                  Rekeningkunde / Geografie / Ingenieursgrafika en Ontwerp / Besigheidstudie / Lewenswetenskap

7.                  Fisiese wetenskap /  Rekenaartoepassingstegnologie / Gasvryheidstudie / Meganiese Tegnologie / Landbouwetenskap

 

Ekstra vak (opsioneel) ná skoolure

8.                  Inligtingstegnologie / Duits / Visuele Kuns (eie vervoer na Hermanus)

 

Nota:   Behalwe die twee amptelike tale, moet leerders 1 van (3.) kies en (4.) is  verpligtend. Uit 5 – 7 moet die leerling­ drie vakke kies, maar nie meer as een per groep nie.   


-12-

 

8.         FINANSIËLE ASPEKTE

8.1       Skool

Die bevoegdhede wat kragtens die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996, aan die Beheerliggaam toegesê word, sluit in die bevoegdheid om onderriggeld te hef en die betaling af te dwing en te administreer.  Die onderriggeld sal jaarliks vasgestel word en daar kan gereël word om dit maandeliks, kwartaalliks of jaarliks te betaal.  Debietorderfasiliteite is by die skool beskikbaar en ouers word sterk aangemoedig om hiervan gebruik te maak. 

 

Hou asseblief in gedagte dat onderriggeld VOORUITBETAALBAAR is.  Ouers wat verkies om skoolgeld jaarliks voor 20 Desember ten te volle vereffen, is geregtig op 10% korting en  voor / op 31 Januarie ten volle te vereffen, is geregtig op ’n 5% korting. 

 

8.2       Koshuise

Die Koshuisgeld sal  jaarliks vasgestel word deur die Beheerliggaam.  Koshuisgeld is maandeliks/kwartaalliks/jaarliks streng vooruitbetaalbaar.  Indien ’n kosganger se geld nie aan die begin van ’n kwartaal betaal is nie, sal koshuisinwoning hom/haar ontsê word.  In die praktyk beteken dit dat ’n kosganger nie aan die begin van ’n kwartaal ’n kamer sal ontvang indien koshuisgeld nie betaal is nie.  Indien koshuisgeld in die loop van die kwartaal agterstallig sou raak (in die geval van ouers wat maandeliks per debietorder betaal), sal die kosganger versoek word om die koshuis te verlaat.

 

Indien ’n kosganger weens ’n oortreding van die betrokke koshuis se gedragskode tydelik uit die koshuis geskors word, sal die kosganger nog steeds verantwoordelik

wees vir die volle betaling van die koshuisgeld.  In ’n geval van wanbetaling word koshuisverblyf verbeur.

 

Indien ’n kosganger ’n koshuis permanent verlaat, moet ’n skoolkwartaal skriftelik kennis gegee word.  Indien daar in gebreke gebly word om sodanige kennis te gee, sal die kosganger verantwoordelik wees vir die betaling van koshuisgeld vir ’n verdere skoolkwartaal.

 

8.3       Altiora Trust

Die skool beskik oor ’n geregistreerde opvoedkundige trust, die ALTIORA TRUST.  Maatskappye en individue word aangemoedig om bydraes tot hierdie fonds te maak.  Bydraes kan van inkomstebelasting afgetrek word.

 

9.         KOSHUISE

  • Die skool beskik oor twee koshuise, Huis van den Berg vir seuns en Nerina vir dogters.  Huisvesting kan aan ± 100 seuns en ± 100 dogters verskaf word.  Die koshuise beskik oor ’n personeel wat goed kan voorsien in al die behoeftes van die kosgangers.  Daar word gepoog om ’n huislike atmosfeer te skep sodat die koshuis ’n plaasvervanger vir die ouerhuis kan wees.
  • Die geriewe van die kosgangers is van ’n hoë gehalte en alles wat nodig is, soos groot speeloppervlaktes, televisie, speletjies en  studiesale vir gereelde studie is beskikbaar.
  • Gebalanseerde maaltye word deur opgeleide personeel verskaf en word voorberei in die koshuis se eie kombuise.
  • Die leerlinge staan onder streng, dog regverdige dissipline en daar word deurgaans gepoog om goeie skakeling met die ouerhuis te behou. 

 

 

-13-

  • Deur blootgestel te word aan koshuisinwoning, word ’n groot mate van selfstandigheid by die kosganger ontwikkel wat later ’n betekenisvolle bydrae kan lewer tot sy/haar volwassewording.
  • Saam met hul ouers moet koshuisgangers as toelatingsvereiste ’n skriftelike onderneming aangaan dat die gedragskode van die betrokke koshuis eerbiedig en ondersteun sal word.

 

10.       ALGEMENE INLIGTING

10.1      Oueraande

Oueraande word aan die begin van die tweede kwartaal vir Graad 8 en begin van die derde kwartaal vir Graad 8 - 12 gehou.  Afsprake tussen ouer en onderwyser word dan by die skool gereël.  Ouers word egter aangemoedig om enige tyd afsprake met onderwysers te reël indien die behoefte daartoe bestaan.  Neem asseblief ook die vrymoedigheid om met die skoolhoof te skakel.

 

10.2     Ouer- onderwyservereniging

Die OOV-bestuur bestaan uit 6 ouers, 2 onderwysers, die skoolhoof en een lid van die Beheerliggaam.  Hierdie komitee stel hulself ten doel om ’n gesonde gees en nouer skakeling tussen die skool en die ouers te bevorder.  Die OOV lewer uitstaande werk om fondse te in en funksies te reël. 

 

10.3      Eksamen

Eerste kwartaal

Graad 8 tot 12

Gedurende die eerste kwartaal skryf graad 8 tot 12 toetse.  Alle leerlinge word deurlopend geassesseer.  ’n Verkorte rapport met die gemiddelde toetspunt van die kwartaal en die klasgemiddeld sal aan ouers gestuur word.

 

Derde kwartaal

’n Volledige eksamen word deur die graad 12-leerlinge afgelê, terwyl graad 8 tot 11-leerlinge toetsreekse skryf wat net soos die Junie-eksamen deel van die deurlopende evalueringspunt uitmaak.

 

Tweede en vierde kwartaal

Volledige eksamens word deur alle graad 8 – 12-leerlinge afgelê en rapporte word aan ouers gestuur. Deurlopende assessering  is deel van die rapport se punte.

 

LET WEL:  Afskeurstrokies van alle rapporte (uitgesonderd Desember-eksamen) moet deur ouers onderteken en so spoedig moontlik aan die skool teruggestuur word.

 

10.4                      Requirements for promotion

Codes and percentage for recording and reporting in Grades 8 -12

 

RATING CODE

DESCRIPTION OF COMPETENCE

PERCENTAGE

7

Outstanding achievement

80 - 100

6

Meritorious achievement

70 – 79

5

Substantial achievement

60 – 69

4

Adequate achievement

50 – 59

3

Moderate achievement

40 – 49

2

Elementary achievement

30 – 39

1

Not achieved

0 – 29

 

-15-

Grade 8 – 9

Grade 10 – 12

Learner must comply with minimum requirements in order to be promoted.

For the ordinary National Senior Certificate (main stream):

* 3 in one Language (40%)

* 3’s in three subjects of which one must be

   an Official Language at Home Language

   Level (40%)

* 3 in Mathematics (40%)

*2’s in three other subjects (30%)

* 2 in other Language (30%)

* In seventh subject at least a complete

    portfolio of evidence of the school based

    assessment (CASS)

* 3’s in 4 other learning areas (40%)

 

10.5     Graadvoogde

’n Voog is vir elke graad aangewys.  Hierdie voogde tree op as hoof van die betrokke graad.  Sake wat deur die voogde hanteer word, sluit aspekte soos afwesigheid, netheid en dissipline van leerlinge in die betrokke graad in.  Hierdie persone monitor ook gereeld die akademiese prestasies van die leerlinge.

 

10.6     Studietyd

Die normale studietyd van die skool is van 18:45 tot 21:15.  Graad 10-, 11- en 12-leerlinge behoort minstens 3½ uur, 4 uur en 4½ uur per dag onderskeidelik te studeer.

 

10.7     Afsprake vir leerlinge gedurende skoolure

Ouers moet die reëling van afsprake by spesialiste, ortodontiste, oogartse, ens. gedurende skoolure, slegs tot noodgevalle beperk.  Indien so ’n afspraak noodwendig gedurende skoolure moet plaasvind, moet verlof vir afwesigheid minstens een dag voor die bepaalde afspraak by die skoolhoof verkry word.  Hierdie reëling geld ten opsigte van ’n volle skooldag of ’n gedeelte van ’n skooldag.

 

10.8      Skryfbehoeftes

Leerlinge koop hul eie aan.

 

10.9    Handboeke

Leerlinge ontvang baie boeke gratis by die skool. Boeke moet goed opgepas word en aan die einde van die jaar ingehandig word. Indien boeke beskadig is of nie ingehandig word nie, sal ouers gevra word om die boek te vervang.

 

Sekere boeke in sekere vakke sal ook by die skool aangekoop kan word.  Besonderhede hiervan sal betyds aan leerlinge en ouers bekend gemaak word.  Alle verkope / aankope sal op ‘n kontantbasis geskied.

 

10.10   Sluitkassies

Leerlinge kan sluitkassies op ’n kwartaallikse basis by die skool huur.  Leerlinge word baie sterk aangemoedig om hiervan gebruik te maak.

 

11.       INSKRYWING VAN LEERLINGE

Aansoek om toelating van ’n leerling tot die skool en / of koshuis moet aan die skoolhoof gerig word.  Elke ouer / voog moet die toelatingsvorm (verkrygbaar by skool) voltooi.  Die volgende dokumente moet die aansoekvorm vergesel:

¨                   Oorplasingsvorm (SOBIS) (indien beskikbaar).

¨                   Afskrif van jongste rapport.

¨                   Afskrif van identiteitsdokument of geboortesertifikaat.

By ondertekening van die aansoekvorm onderneem u en u kind om alle reëls soos vervat in die skool se gedragskode te gehoorsaam en om u verpligtinge na te kom.

 

-16-

 

12.       BELANGRIKE INLIGTING

 

SKOOLHOOF:                                  Mnr. FJ Lötz

                                                            Tel. 028 – 2123083/4

 

SENIOR ADJUNKHOOF:              Mnr. MMD Bester

                                                            Tel.: 028 – 2123083/4

 

ADJUNKHOOF:                               Mev. SS Louw

                                                            Tel.: 028 – 2123083/4

 

POSADRES:                                      Hoërskool Overberg

                                                            Posbus 183

                                                            Caledon

                                                            7230

 

STRAATADRES:                              Venterweg

                                                            Caledon

                                                            7230

 

TELEFOONNOMMER:                   028 - 212 3083/4

 

FAKSNOMMER:                              028 - 212 1774; 086 6512 112

 

E-POS ADRES:                                 overhigh@mweb.co.za

 

WEBTUISTE:                                      www.ovies.co.za

 

SKOOLURE:                                                        Winter en Somer:               07:30 – 13:55

 

VERSKAFFERS VAN                     Hoërskool Overberg

SKOOLDRAG:                                  (Mev. T Coetzee)

 

TYE:                                                   Maandag en Donderdag: 14:00 – 15:30

                                                            Maandag: 07:30 – 08:30

                                                            Vrydag: Eerste pouse en direk na skool