ovies

REÜNIES



Mnr CM Augustyn, Michelle van Breda en mnr Louis Kriel. Michelle, redaktrise van SARIE, is hier afgeneem tydens die reünie van haar matriekklas van 1976.

Ons het in 2004 begin om reünies vanaf die skool te reël. Die groepe wat geteiken word is die groepe wat 10, 20, 30, 40 en 50 jaar gelede gematrikuleer het. Só sal 1958, 1968, 1978, 1988 en 1998 in 2008 hul reünies gehou. Ander jaartal matrikulante maak ook gebruik van ons diens, bv. 1983 in 2008 (25 jaar).

Die saamtrekke vind groot byval by oud-leerders. Michélle van Breda het in haar redakteursbrief in die SARIE die ervaring van ’n reünie skitterend verwoord.

Oud-leerders word aangemoedig om ook op facebook kontak te maak met mede-skoliere deur op die Hoërskool Overberg Netwerk te gaan.

Ons beplan saam. Ons hoop saam. Ons staan saam. Ons wen saam. Ons juig saam!
Site Map
© 2009 quasiArt